Kamp voorbereiding

Wat om te pak vir kamp

Maak seker jou kind is 100% gereed vir kamp. Gebruik hierdie amptelike paklys as vinnige gids – jy kan dit ook aflaai en uitdruk.

Drukbare paklys Mobile-vriendelik
Belangrike dokument

Vrywarringsvorm vir kamp

Hierdie vrywarringsvorm moet deur ouers/voogde ingevul en saamgebring word wanneer u kind op kamp aankom. Inskrywings begin om 14:00 op die eerste dag van die kamp en die kamp eindig altyd om 12:00 op die laaste dag. Presiese datums en tye word in detail in die bevestigingsepos verskaf nadat u bespreek het.

Indien u nie die epos ontvang het nie of enige vrae het, kontak ons gerus by hallo@x3dejeug.co.za, via WhatsApp op 064 087 6376, of skakel ons direk op die selfde nommer.

PDF-dokument Verpligtend vir inskrywing
Vir ouers

Meer oor X3DE Jeug- en Kinderkampe

X3DE Jeug vorm deel van Eksderde. Saam fokus ons daarop om jongmense en kinders te bedien deur Bybelgetroue, veilige en goed georganiseerde kampe tydens skoolvakansies.

01. Wie ons bedien

Jeug- en Kinderkampe vir die hele gesin

X3DE Jeug- en Kinderkampe is spesifiek vir tieners en kinders ontwerp, met die doel om die evangelie op ’n relevante en verstaanbare manier aan hulle bekend te stel. Sedert 2006 bied ons kampe aan tydens skoolvakansies. Benewens jeug- en kinderkampe, is daar ook maandeliks gratis manne- en vrouekampe – sodat die hele gesin geestelik gevoed kan word.

02. Waar kampe plaasvind

Pretoria & Mosselbaai

Kampe word in Pretoria en Mosselbaai aangebied gedurende skoolvakansies. Ons kies terreine waar kinders en tieners genoeg ruimte het vir sport, pret en kleingroepgesprekke, maar waar daar ook duidelike strukture en toesig is.

03. Wat “Eksderde” beteken

God eerste, ander tweede, ek is derde

Eksderde staan vir: God is eerste, ander mense tweede en “ek is derde”. Die hart van die bediening is om God se liefde tasbaar uit te leef op die kampe – in hoe ons jongmense ontvang, dien, bemoedig en begelei. Ons wil kampers inspireer om dieselfde liefde prakties in hul alledaagse lewe uit te leef.

04. Spanne & Veiligheid

Gefasiliteerde groepe en toegewyde span

Ons werk met verskillende spanne wat mekaar aanvul: ’n Fasiliteergroep werk direk met kampers in kleingroepies en een-tot-een gesprekke, terwyl ’n terreinleierspan sorg dat alles op die kampterrein georganiseerd en glad verloop – van saalopstelling en sportaktiwiteite tot reëls, roosters en beweging tussen sessies. Elkeen bring sy/haar eie gawes en vaardighede, sodat u kind in ’n veilige, ondersteunende omgewing is.

Scroll to Top